Elektrisiteitsminister: Vordering met regruk van kragkrisis

Die minister van elektrisiteit in die buurland, Kgosientsho Ramokgopa, gee die versekering alles is gereed vir die suksesvolle implementering van die Energie-aksieplan. Hy het sy weeklikse terugvoer gegee en bygevoeg hy glo daar word vordering gemaak met die regruk van die land se kragkrisis. Volgens Ramokgopa sal Suid-Afrikaners vroeër as verwag die gevolge van sy ministerie se pogings begin waarneem.