Sudan is stil – dis te warm op die strate oor te neem

Minette van der Bijl, ‘n Namibiese onderwyseres wat in Khartoum in Sudan werksaam is, sê alles is stil vandag met geen protesaksie nie, en sy sê dis warm.

Daar is groot politieke druk in Sudan en die VN sê ‘n oplossing moet gevind word. Dit volg na die regering op 25 Oktober omver gewerp is. Die eerste minister Abdalla Hamdok en die leiers van die groep wat die land oorgeneem het onderhandel op die oomblik.