Stygende temperatuur: boerdery sal groot impak beleef

Daar is groot kommer oor stygende temperature regoor die wêreld maar, kenners stem ooreen dat Namibië ‘n groter toename in temperatuur sal beleef as die gemiddeldes in die wêreld. Byvoorbeeld, sou die wêreldtemperatuur met 0,5 grade Ceslius styg, sal Namibië ‘n een-graad verhoging beleef. Daar word voorspel dat ‘n styging van 1,5 grade, ‘n 20 persent afname in lewendehawe produksie sal toon en teen 3 grade, sal produksie met tot 50 persent afneem. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê aanpassings is dringend nodig.