Studie toon wanvoeding neem toe in Soweto
‘n Studie deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad in Soweto, Gauteng, toon ‘n kommerwekkende toename in wanvoeding. Dit toon daar is ‘n gebrek aan deelname aan besluitneming oor die voedsaamheid van kos. Die studie het hoofsaaklik daarop gefokus om maniere te vind om voeding vir moeders en kinders in die gemeenskappe in Soweto te verbeter. Die navorser van die raad, Agnes Erzse, sê die navorsing onderstreep die belangrikheid daarvan om die gemeenskap by die besluitnemingsprosesse oor kos te betrek: