Studente ‘gaan nooit NSFAF-skuld betaal’

Die Namibiese hulpfonds vir studente en die 7,9 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word, het in die Nasionale Vergadering gaan draai. Volgens plaaslike media het die fonds ‘n skamele 1 persent van die totale terugbetalings jaarliks ingewin. Die fonds sukkel reeds ‘n geruime tyd met volhoubare finansiële bestuur. PDM party-lid Maximalliant Katjimune het in die NV gesê die meerderheid studente gaan nie hulle skuld terugbetaal nie en die hulpfonds sal nooit ‘n sukses wees nie.