Strzelecki-moordenaars in Desember gevonnis

Die twee moordenaars van die Strzelecki-egpaar, Fabianus Lazarus en Simon Shidute sal op 9 Desember gevonnis word. Die twee is skuldig bevind van die aanval en moord van die bejaarde egpaar op Swakopmund op 2 Augustus 2017. Roswitha, 79, is in haar huis vermoor en haar man Siegfried, 81 jaar oud, is op 10 Augustus dood in die hospitaal. Hy is aangerand maar het beswyk as gevolg van ‘n beroerte. Die saak het skokgolwe deur die kus se gemeenskap gestuur. Daar was ‘n rits huisbrake op die kusdorp gedurende daardie tyd, meeste gepaard met geweld.