Stryd om Eswatini-demokrasie ‘kritiek’

Die Kommunisteparty van Swaziland sê die stryd om demokrasie, in wat nou bekend staan as Eswatini, het ‘n kritieke fase bereik waar die mededingende magte bekend is en hulle kragte word wedersyds getoets. Die party se internasionale sekretaris Simphiwe Dlamini sê die demokratiese beweging moet die vertroue van die bevolking wen wat reeds getoon het wat hy beskryf as “haat vir die regime”. Dlamini sê sy party hou tot volgende week Woensdag ‘n Somerskool in Mpumalanga.