Struikelblok vir De Klerk en sy bate-saak

Hoërhofregter Shafimana Ueitele het die berugte prokureur Maren de Klerk se aansoek om sy bates terug te kry van die rol geskrap. Die regter sê vereistes vir die indeksering van dokumente is nie nagekom nie. Die aanklaer-generaal het De Klerk se bates, meer as 6,4 miljoen Namibiese dollar in twee bankrekenings, gevries na hy gekoppel is aan die Fishrot-skandaal. Daardie bevel is reeds op 2 Desember verlede jaar bekom. Dit is nie bekend of De Klerk sal poog om die hofreëls na te kom en weer die aansoek te bring nie. Intussen is sy uitleweringsverhoor in September na volgende jaar Januarie in die Paarl uitgestel. Sy borg van 50 000 Namibiese dollar is verleng.