Stropery, veediefstal sal voortduur

Nuwe berigte van veediefstal vanuit Omaheke-streek wek kommer. Drie bees is geslag en die gemeenskap se teen-veediefstal-eenheid meen dat die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is, op borg is vir dieselfde oortreding. Die streek het die afgelope jare gebuk gegaan onder sindikate wat vee geslag het en aan kapana-handelaars in die hoofstad verkoop het. Net in 2022 is meer as 625 gevalle van veediefstal in die streek aangemeld met miljoene wat verloor is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat wat sê werkloosheid is een van die faktore wat lei tot meer wildstropery.