Streng maatreëls moet teen kinder-uitbuiting ingestel word

Women and Men Against Child Abuse vra dat streng maatreëls teen kinder-uitbuiting ingestel moet word. Die organisasie sonder winsoogmerk het ʼn inligtingsessie vir die media aangebied om ʼn groot polisieondersoek, Operasie Nemo, bekend te stel. Dit behels bewerings van seksuele voorbereiding en uitbuiting waarby waterpolo-afrigters by sommige van die land se top-skole betrokke is. Die aktivis, Ian Levitt, het tydens die geleentheid gevra vir strenger vonnisse vir kinderuitbuiting. Hy wil ook hê die verdagtes moet in die openbaar ontmasker word.