Stralerbrandstof vanaand by Kaapstad-lughawe afgelewer

Broodnodige stralerbrandstof sal vanaand op die Kaapstadse Internasionale Lughawe afgelewer word. Die tekort aan stralerbrandstof het tot kommer gelei dat vlugte gehok sal word. Volgens die streek-hoofbestuurder van Lughawens Suid-Afrika, Mark Maclean, is United Airlines geraak en moes Sondag sy vlug tussen Newark en Kaapstad kanselleer. KLM se retoervlug na Nederland op dieselfde dag moes ook gekanselleer word. Ander lugrederye het besluit om via ander bestemmings te vlieg om brandstof in te neem. ‘n Namibiese lugrederye moes ook vlugte na Windhoek kanselleer.