Stralerbrandstof uit suikerriet bevraagteken

Reaksie word ontvang op berigte dat ‘n studie bevind het die produksie van volhoubare stralerbrandstof uit etanol wat uit suikerriet onttrek is, ‘n lewensvatbare, groot sakegeleentheid vir die Suid-Afrikaanse suikerriet-bedryf is. Daar is bevind dat as 50 persent van die jaarlikse produksie van suikerriet gebruik word, kan 433 miljoen liter stralerbrandstof vervaardig word in alkohol-na-stralerbrandstof-raffinaderye. Die bekende Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom Dawie Klopper het sy bedenkinge.