Straatkinders bly ‘n uitdaging vir regering

Straatkinders bly steeds ‘n uitdaging vir die Namibiese regering. Die straatkinders se primêre bron van inkomste is bedel en steel, gevolg deur prostitusie en die verkoop van onwettige dwelms. Die meerderheid straatkinders is in die hoofstad gebore, terwyl sommige van omliggende dorpe en die Suide en die Ooste kom. Daar was verskeie pogings deur die regering om die straatkinders ordentlike skuiling te gee, maar hulle keer steeds terug na die strate waar hulle die vryheid het om te doen wat hulle wil, soos om petrol te snuif. Ondanks pogings om hulle te help met verblyf, blyk dit of dit nie die oplossing is nie. Agnes Tjongarero, die minister van jeug, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…