Keniaanse afvaardiging loof Namport

‘n Hoëvlak Keniaanse parlementêre afvaardiging onder leiding van parlementslid Joyce Atieno Osogo het die Namibiese Hawens-owerheid besoek. Die uitvoerende hoof van Namport, Andrew Kanime, het tydens die Keniaanse hoflikheidsbesoek die belangrikheid daarvan beklemtoon om sterk werksverhoudinge met ander belanghebbendes te kweek. Hy sê hierdie geleentheid het ‘n platform gebied vir deurlopende kennis en die uitruil van beste praktyke gebied binne en buite die maritieme bedryf. Osogo het Namport gelukgewens vir die bereiking van merkwaardige resultate ondanks die uitdagende globale ekonomiese klimaat.