Stormers verloor 30-24 teen Cardiff

Die Stormers se onoorwonne segetog van 15 wedstryde in die Verenigde Kampioenskap is gister deur Cardiff in Wallis beëindig. Die verdedigende kampioene het ‘n naelskraapse nederlaag van 30-24 teen die tuisspan gelei, maar hulle het nietemin steeds twee bonuspunte verdien. Nama Xama het twee van die Stormers se vier drieë aangeteken. Die Bulle het Vrydag hulle aanslag weer op koers geplaas met ‘n oorwinning van 44-22 teen Benetton in Treviso, Italië. Die Leeus en die Sharks se naweek-tuiswedstryde teen onderskeidelik Glasgow Warriors en Ulster, moes uitgestel word weens ‘n uitbreking van maaggriep in die twee besoekende spanne.