Stormers en Bulle pak mekaar in VRK-eindstryd

Die Stormers en die Bulle pak mekaar volgende Saterdag in Kaapstad in die eindstryd van die Verenigde Rugby-kampioenskap. Dit nadat die Stormers Saterdag ‘n doodsnik-oorwinning van 17-15 oor die Ierse Span Ulster in hul halfeindstryd in die DHL-stadion in Kaapstad behaal het. Warrick Gelant het die drie gedruk wat die Stormers in die doodsnikke gelyk laat trek het voordat Manie Libbok die wedstryd met sy doelskop beklink het. Buiten Gelant, was JJ Kotze en Evan Roos ook driedrukkers.