Stormers, Bulle teken oorwinnings aanJanuary 21, 2024
Die Stormers het daarin geslaag om ‘n agterstand teen Stade Francais in Parys op die nippertjie in ‘n oorwinning om te keer om so ‘n tuis-uitspeelwedstryd in die Kampioene-beker te verseker. ‘n Drie deur Manie Libbok in die 71ste minuut, in sy 50ste wedstryd vir die Stormers, het aan die span ‘n bonuspuntoorwinning van 24-20 by die Stade Jean-Bouin besorg. Marcell Coetzee het vroeër in die Bulle se opwindende kragmeting teen die Bordeaux Begles op Loftus twee drieë ingeryg wat gehelp het om hulle ‘n bonuspunt-oorwinning van 46-40 te gee. Hulle kwalifiseer nou ook vir die uitspeelfase. Die twee spanne het elk ses drieë in die wedstryd gedruk.