Stop verwoestende sandmyn, eis Okahandja-inwoners

Inwoners van Okahandja het klagtes gerig teen die operateurs van ‘n sandmyn nie ver van die dorp nie. In ‘n petisie wat einde April ingedien is het inwoners hul kommer uitgespreek oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Die mynperseel word deur Super Sand en sy filiaal JT Freighting bedryf. In hul petisie het die ondertekenaars ‘n beroep op onder andere die omgewing en landbou-ministeries gedoen om “onmiddellike en beslissende stappe te neem om alle onwettige sandmynaktiwiteite te stop.” Hakkies Husselmann, wat op sy plaas naby die sandmyn woon, het dié bewerings bevestig. Husselman het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die mynbou is skadelik vir die omgewing.

Husselman sê dat in die vier jaar wat hy op die grond is, het niemand ooit toestemming van hom gevra om daar te myn nie.