Stokes se knie gaan onder die mes kom
Krieket: Die Engelse toetskaptein, Ben Stokes, sal na die eendag-Wêreldbekertoernooi ‘n knie-operasie ondergaan en hoop hy is fiks vir die toer na Indië wat in Januarie begin. Die veelsydige speler sukkel reeds minstens 18 maande met sy linkerknie en kon die laaste tyd nie boul nie. Engeland is tans in die laaste plek op die Wêreldbeker-punteleer en sal na verwagting nie vir die halfeindronde kwalifiseer nie. Dit sal meebring dat Stokes voor die einde van die maand onder die mes sal wees. Engeland speel vandag in Ahmedabad teen Australië.