Stokes gesels oor Reeks om die As

Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê hulle sal hul aggressiewe uitslaggedrewe aanslag voortsit wanneer hulle in Junie teen Australië te staan kom in die reeks om die As. Hy het gevra dat die vyf toetsvelde stadige kolfblaaie voorberei om aan hul aggressiewe aanslag te voldoen. Engeland het tien van sy twaalf toetse onder Stokes en die afrigter, Brendon McCullum, gewen. Stokes sê elke speler weet die reeks om die As is waar alles in ‘n hoër rat gebeur – van druk tot blootstelling –  maar hulle sal hou by dit waarmee hulle die beste is.