Stigting kry dreigemente oor beskerming van Zim-burgers

Die Helen Suzman-stigting in Suid-Afrika sê hy het dreigemente ontvang oor sy besluit om die beëindiging van die Zimbabwiese Vrystellingspermit in die hof te bestry. Die permit laat duisende Zimbabwiërs toe om wettig in die land te woon en werk, maar die regering het besluit om dit nie te hernu nie. Nicole Fritz van die stigting sê hulle verstaan maar te goed waarom soveel Suid-Afrikaners kwaad en gefrustreerd is oor die werkloosheid, armoede, ongelykheid en gebrek aan veiligheid wat hulle ervaar. Sy sê dis egter nie waar dat die beëindiging van die permit hierdie reuse probleme gaan oplos nie.