Steyn hange sy internasionale stewels op

Die Springbok-losskakel Morné Steyn het volgens berigte sy internasionale rugbystewels opgehang. Hy het blykbaar die besluit geneem nadat hy twee weke gelede van die Rugby-kampioenskap teruggekom het. Hy sê hy wil meer tyd saam met sy gesin deurbring. Volgens SuperSport sal Steyn steeds vir die Bulle uitdraf en hy onderhandel tans vir die verlenging van sy kontrak, wat volgende jaar Junie verstryk. Die 37-jarige Steyn sê hy het die Springbok-afrigter Jacques Nienaber in kennis gestel dat hy nie beskikbaar is vir die toer aan die einde van die jaar nie.