Sterrekundiges sien helderste ligflits ooit

Sterrekundiges het die helderste ligflits waargeneem wat nog ooit gesien is – ‘n 18 duisend miljard volt wat 2,4 miljard ligjare van die Aarde af gebars het. Kenners meen die flits is waarskynlik veroorsaak deur die vorming van ‘n swart gat. Die uitbarsting van gammastrale – die mees intense vorm van elektro-magnetiese straling – is die eerste keer op 9 Oktober deur wentelende teleskope opgespoor, en die na-gloei daarvan word steeds deur wetenskaplikes regoor die wêreld dopgehou. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.