Namibiese weermagrekrute meld aan by Osona

Sowat 1 500 Namibiese weermag-rekrute sal na verwagting van vandag tot Vrydag by die Namibiese Weermagbasis by Osona, naby Okahandja aanmeld om met hul opleiding te begin. Verskeie kandidate op die kortlys is vir offisierskadet-poste vir leierskap geoormerk. Offisiers-kadette sal vir 18 maande opgelei word en sal slegs deur die NDF-bevelvoerder as offisiere met die rang van tweede luitenant aangewys te word. Diegene wat vir ‘ander geledere’ gekies word, sal vir nege maande opgelei word. Die laaste keer dat die NDF nuwe lede gewerf het, was in 2016.