Sterker Haaie-span draf op Kingspark uit

Die Haaie is versterk met die terugkeer van sommige spelers wat beseer was. Hulle speel vanmiddag hulle eerste wedstryd in die Uitdaagbeker op Kingspark in Durban teen Section Paloise. Die Springbok-stut, Ox Nché, is in die beginspan en ruil truie met Ntuthuko Mchunu, terwyl Kerron van Vuuren terugkeer as haker. Die Bok-skrumskakels Grant Williams en Jaden Hendrickse sal ook beurte maak, met Williams wat in die opdrafspan is. In die laaste verandering keer Marnus Potgieter terug op vleuel in die plek van Aphiwe Dyantyi.