Sterk aarbewing ruk grootste Griekse eiland, Kreta

‘n Sterk aardbewing van 5,8 het Griekeland se grootste eiland, Kreta, vandag getref. Een persoon is dood toe ‘n kerk se koepel in Arkalochori ingetuimel het. Internasionale nuusagentskappe berig ‘n Griekse seismoloog, Efthymios Lekkas, beskryf die aardbewing as ‘n bliksemstraal met sterk naskokke. Burgerlike beskermingsowerhede sê nege mense is in die aardbewing beseer en talle geboue is beskadig. Die skudding het mense in Kreta se hoofstad, Heraklion, gedwing om na buite te storm. Skoolkinders is aangesê om klaskamers te verlaat en op skoolgronde en dorpspleine byeen te kom.