Sterftes in Lombardye was toeriste

Die vier mense wat gesterf het toe ‘n passasiersboot Sondagaand op ‘n meer in Italië gesink het, is uitgeken as twee Italianers, ‘n Israeli en die kaptein se Russiese vriendin. Daar was ongeveer 25 mense aan boord toe ‘n onverwagte storm die Lombardye-gebied in die noorde van Italië getref het. Die meeste van die passasiers kon uitswem terwyl ander deur gered is deur mense op ander vaartuie op die gewilde meer. Lombardye se president, Attilio Fontana, sê die boot van 16-meter is deur toeriste gehuur.