Ineenstorting van waterinfrastruktuur is skending van menseregte

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die ineenstorting van waterinfrastruktuur skep ‘n menseregtekrisis. Die kommissie beweer hy het voorheen owerhede in Tshwane gewaarsku oor die dreigende ramp in Hammanskraal toe hy verklaar het die water is nie geskik vir menslike gebruik nie. Die kommissie se waarnemende bestuurder in Gauteng, Zamantungwa Mbeki, sê daar was moontlik mislukkings in die moniteringsproses van die aanbevelings wat hy gedoen het: