Stemreg onder gedrang in VSA – Biden

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het op Martin Luther King-dag, wat Maandag in die VSA herdenk is, gesê die land se demokrasie is in gedrang, veral met stemreg. Martin Luther King het sy lewe toegewy aan burgerlike en gelyke regte vir swart Amerikaners. Biden sê dis nie net stemreg wat in gedrang is nie, maar ook of jou stem sal tel.