Stemlokale is veilig – Cele

Suid-Afrikaners gaan vandag na die stembus vir die buurland se plaaslike owerheidsverkiesings. Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, is vol vertroue die polisie kan wet en orde handhaaf terwyl soldate help om sleutel infrastruktuur oral in die land vandag te beveilig. Die polisiediens en ander wetstoepassingsagentskappe is gereed om te verseker niemand word verhinder of geïntimideer by stemlokale nie. Cele verwelkom die ontplooiing van meer polisiebeamptes in gebiede in KwaZulu-Natal, die Oos- en Wes-Kaap, Gauteng en Mpumalanga wat ‘n bron van kommer is.