Steenkamp: Onderwysministerie bevorder nie homoseksualiteit
Die onderwysministerie ontken ten sterkste dat leerders onderrig in die kurrikulum ontvang om homoseksualiteit te bevorder. In ‘n mediaverklaring sê die uitvoerende direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp dat klagtes van kerke ontvang is dat leerders geleer word om homoseksuele te word. Dit spruit uit selfdegeslagverhoudings wat tans ‘n warm onderwerp van bespreking in die land is. Sy sê dat leerders vanaf graad 4 tot 12 in die vak lewensvaardighede onderrig oor MIV/vigs en seksuele gesondheidsonderrig ontvang. Steenkamp verseker ouers dat die ministerie verdraagsame, nie-veroordelende seksuele gesondheidsorg en regte onderrig ter voorkoming van seksuele oordraagbare siektes.