Steenhuisen sê die wat Eskom gebreek het moet bekend gemaak word

Die DA-leier John Steenhuisen sê Eskom sal nooit regkom voor dit bekend is wie en wat dit breek nie. ‘n Mini-sitting van die Nasionale Vergadering het gister gedebatteer of ‘n ad hoc-komitee aangestel moet word om die bewerings te ondersoek wat die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, verlede maand tydens ‘n televisie-onderhoud gemaak het. Steenhuisen sê slegs ‘n parlementêre ondersoek kan ‘n behoorlike platform en beskerming verskaf aan die onskuldige mense wat weet wat by die kragverskaffer aangaan: