Macron systap parlement vir nuwe afreeouderdom

Frankryk se President Emmanuel Macron het omstrede pensioenhervormings deurgevoer sonder dat die parlement daaroor gestem het. Hy het hom op Artikel 49,3 van die Grondwet beroep wat die regering mag gee om nie deur die parlement te werk nie. Volgens die hervorming word die aftreeouderdom in Frankryk van 62 tot 64 verhoog. Die voorgestelde veranderinge aan pensioene het sedert Januarie landwyd tot groot betogings en stakings gelei. Opposisie-politici sê hulle gaan binne die volgende 24 uur ‘n mosie van wantroue teen die regering indien.