Steenhuisen sê Cele, Dlodlo moes ook waai

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die kabinetskommeling bevat een positiewe punt, naamlik die vertrek van die gesondheidsminister, Zweli Mkhize, terwyl die res bloot dieselfde mense is wat ander portefeuljes beklee. Hy sê die skommeling sou die ideale geleentheid gewees het om ook die ministers van polisie en staatsveiligheid, Bheki Cele en Ayanda Dlodlo, af te dank. Volgens Steenhuisen was dit nodig weens hul rampspoedige versuim om die onrus en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng drie weke gelede te voorsien, te voorkom en daarop te reageer: