Steeds ‘n afname in nuwe Covid -19 gevalle in die land

Daar is 12 skoliere, een onderwyser en twee gesondheidswerkers onder die 45 nuwe Covid-19 gevalle in die land. 256 850 Mense het reeds hulle eerste inenting gekry, en 165 279 is reeds ‘n tweede keer ingeënt .Die volgende plekke het vyf of meer nuwe gevalle bevestig: Aranos 7, Onandjokwe 7, Engela 6 en Windhoek 5.