Statebondspele: Nóg ‘n medalje vir SA span

Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse para-naelloper Ndodomzi Jonathan Ntutu het in Birmingham goud in die mans T11/T12 100 meter-finaal gewen. Die 35-jarige het die eindstreep eerste in 10,83 sekondes bereik, met die Brit Archary Shaw wat silwer en die Namibiër Ananias Shikongo wat die brons verower het. In die verspring vir mans het Jovan van Vuuren ‘n bronsmedalje ingepalm. Die Suid-Afrikaanse mans-hokkiespan het intussen tot die halfeindronde deurgedring met ‘n oorwinning teen Nieu-Seeland. Die afrigter, Garreth Ewing, sê hy is tevrede met die vertoning.