Statebond-dag vandag herdenk – kenner sê oor lidmaatskap

Dit is vandag Statebond-dag. Namibië is ‘n lid van die statebond en die Britse Hoë Kommissariaat herdenk dit vandag met ‘n virtuele toespraak deur koning Charles III. Die Statebond werk namens lidlande om vrede en voorspoed te bevorder. Dit sluit in om lande te help met kleinsake-ontwikkeling, wetgewing, verkiesingsmonitering en menseregte, veral die bevordering van die rol en regte van jongmense en van vroue. Die Namibiese politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê in elke vennootskap is daar voordele en nadele.