Kaapstad waarsku EFF oor 20 Maart, sal geen opstand duld nie

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die EFF gemaan om nié op 20 Maart in die Moederstad voort te gaan met die nasionale afsluiting nie. Dit volg nadat EFF-lede in die Wes-Kaap briewe afgelewer het by verskeie ondernemings om hulle daaroor te waarsku. Die EFF organiseer verskeie optogte regdeur die land téén beurtkrag en wil ook hê President Cyril Ramaphosa moet bedank. Die burgemeester sê, die nasionale afsluiting sal ‘n uiters negatiewe uitwerking hê op die reeds-steierende ekonomie: