Starmer slaan munt uit Partygate

Die leier van die amptelike opposisie in Brittanje, Sir Keir Starmer van die Arbeidersparty, slaan op die oomblik munt uit die uitdagings wat Boris Johnson in die gesig staar met die Partygate-skandaal. Hy het wat hy beskryf as ‘n kontrak wat hy met die Britse volk wil aangaan, geskep.