Staptog Saterdag in Botaniese tuin

Die Namibiese Botaniese Vereniging bied Saterdag ‘n begeleide staptog in die Botaniese tuin in Windhoek aan. Die staptog sal vanaf halfnege die oggend tot kwart voor elf aangebied. Toegang vir lede is gratis en 20 Namibiese dollar vir nie-lede van die publiek. Verversings is beskikbaar en alle Covid-19-regulasies sal in plek wees. Flora-verwante boeke word ook te koop aangebied.