Stamselfondse verwelkom deur CAN

DKMS Africa, voorheen bekend as die Sonneblomfonds, het ‘n begroting van meer as twee miljoen Namibiese dollar vir die staatpasiënt-program goedgekeur om oorplantings vir agt pediatriese staatspasiënte onder die ouerdom van agt jaar moontlik te maak. Dit sluit in die verkryging van ooreenstemmende, nie-verwante skenker-stamselle, asook die soektog na skenkers en die vasstelling van die pasiënt se DNS. Namibiese pasiënte wat stamselbehandeling moet ontvang kan dit nie plaaslike doen nie en dus is dit goeie nuus soos Rolf Hansen van die Namibiese Kankervereniging verduidelik…