Staking: Staatsamptenare stem die week

Staatsamptenare sal Donderdag en Vrydag stem oor of hulle oorgaan na ‘n staking of nie. Meer as 100 000 amptenare, wat onderwysers insluit sal onder die Nantu en Napwu vaandels stem. Die onafhanklike vakbond vir staatsamptenare, bekend as die PSUN, het ook sy lede aangemoedig om deel te neem aan die stemmery en om ten gunste van ‘n staking te stem. Onderhandelings vir loonverhogings, wat die eerste in meer as vyf jaar sou wees, het op ‘n dooiepunt uitgeloop.