Staking dreig in SA-motorbedryf

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa sê werkgewers in die motorbedryf gaan ‘n landwye staking veroorsaak. Die vakbond het met werkgewers, insluitend dié in die kleinhandel-motorbedryf en ook die Brandstofkleinhandel-vereniging vergader om oor lone te onderhandel. Numsa eis ‘n jaar-ooreenkoms en ‘n 12 persent loonverhoging vir almal. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het reeds drie rondes loongesprekke gevoer maar werkgewers het nog nie ‘n aanbod gemaak nie: