Calle waarsku Kavango-leierskap oor groen skemas

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het aan die leierskap van die Kavango-Oos- en Wes-streke gesê om hul huis in orde te kry oor die herlewing van die groen skemas in dié streke. Die leierskap van die twee streke is bekommerd oor die uitkontraktering van die groen skemas. Die regering het in Maart vanjaar aangekondig dat hy vanaf Junie ‘n versoek sal uitreik vir voorstelle om 11 groen skemas in die land te verhuur. Die streeksleierskap het aan die minister gesê dat hulle plaaslike eienaarskap in die bestuur van die groen skemas wil hê, maar Schlettwein het gesê streeksrade wat polities verkies is, kan nie groen skemas bestuur nie.