Staking by Cheetah-sementfabriek is verby

Die staking by die Cheetah-sementfabriek by Otjiwarongo is verby en werkers keer Woensdag terug werk toe. Dit volg ná Cheetah Cement en die Mynwerkers-unie van Namibië ná ‘n drie maande lange staking ‘n ooreenkoms bereik het. Die ooreenkoms behels onder meer ‘n salarisverhoging van 1 000 Namibiese dollar per maand, terugwerkend tot Januarie 2022, ‘n verhoging van 1 000 dollar in behuisingstoelae, ‘n 80 persent-bydrae van die maatskappy aan ‘n mediese fonds en ‘n nuwe pensioenfonds wat vanaf Januarie 2023 geïmplementeer sal word.