Stadsraad vergadering gaan voort, geen mosie van wantroue nie

Sade Gawanas, burgemeester van Windhoek, het aan die prokureur van die IPC-lede van die stadsraad se bestuurskomitee geskryf en bevestig dat vandag se spesiale vergadering wel sal voortgaan. Dit kom na IPC-prokureur Sylvia Kahengombe aan Gawanas geskryf het en geëis dat die vergadering gekanselleer word nadat dit aan die lig gekom het dat moontlik ‘n mosie van wantroue in die komitee gevoer sal word. Die IPC is die meerderheid in die komitee. Gawanas het gesê geen stemming sal vandag plaasvind nie, maar lede van die bestuurskomite sal die geleentheid gegee word om die raad toe te spreek.