Stad Windoek heropen rekreasiegeriewe Paaltjies en Goreangabdam in September

Stad Windhoek het aangekondig dat sy rekreasiegeriewe, Brakwater se Paaltjies en Goreangabdam, weer op 1 September oopmaak. Weens die Covid-maatreëls sal openbare swembaddens steeds vir die publiek gesluit wees. Sportklubs mag egter die swembaddens vir oefendoeleindes gebruik. Die lapa by die openbare swembad in Olympia, sal steeds vir private funksies oop wees. Stad Windhoek doen ‘n beroep op die publiek om steeds Covid-maatreëls by hul rekreasiegeriewe te gehoorsaam. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.