Stad Windhoek soek weer in 2023 na nuwe hoof 

Stad Windhoek het gereageer op sy penarie oor die pos van die uitvoerende hoof, nadat hul gunsteling-kandidaat, die uitvoerende hoof van die Padowerheid van Namibië, Conrad Lutombi, nie die pos aanvaar het nie. Sy kontrak by die owerheid is vir drie jaar verleng. Kommunikasiebestuurder by Stad Windhoek Harold Akwenye sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aanstelling van die permanente uitvoerende hoof sal deur die nuwe bestuurskomitee gedoen word sodra die verkiesings vroeg volgende jaar gehou word.