Nampol-hoof: 451 veediefstalsake in Otjozondjupa

Vanaf Januarie tot Oktober vanjaar is 451 veediefstalsake in die Otjozondjupa-streek aangemeld, 225 in die Omaheke-streek en 74 in Khomas. Dit is volgens die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, wat ’n opvolgvergadering met boere gehad om alle misdaad- en sekuriteitsake in die Omaheke-streek te bespreek. Hy sê dit is ‘n effense afname van veediefstal teenoor 2021. Die vergadering het vandag op die Rooikraal Game Ranch by Omitara plaasgevind. Boere van Hochfeld, Witvlei, Omitara, Steinhausen, Seeis en die omliggende gebiede het die vergadering bygewoon. Luitenant-generaal Shikongo vra vir eenheid.