Stad Windhoek se binnegevegte moet end kry…

Binnegevegte by Stad Windhoek duur voort. In die jongste voorval dreig die IPC met ‘n dringende hofaansoek as die vergadering, wat vir môre beplan is, nie gekanselleer word nie. Daar word berig dat ‘n mosie van wantroue teen die bestuurskomitee, waar die IPC domineer, gehou sal word. Die politieke ontleder, dr. Hoze Riruako, sê die koalisies is swak saamgestel en dienslewering ly daaronder.

Hy sê die mag lê in die hande van die kiesers.